Toyota maak bekend die Jong Boer van die Jaar- en Toyota-Nuwe Oes van die Jaar-toekennings

new-harvest-of-the-year-winner-andre-cloete-with-from-left-casper-kruger-vp-of-vehicle-sales-and-dealer-network-for-toyota-sa-and-prof-carlu-van-der-westhuizen_1800x1800

Toyota Suid-Afrika Motors borg al jare twee gesogte toekennings in die landboubedryf. Die Agri SA-Toyota-Jong Boer van die Jaar- en Toyota-Nuwe Oes van die Jaar-toekennings is op 27 Oktober 2016 by ’n gala-geselligheid in Johannesburg aangekondig. Elke wenner het in ’n splinternuwe Toyota Hilux weggery. Die voertuie is elk net minder as R400 000 werd.

Toyota-Agri SA-Jong Boer van die Jaar

Jacques Beukes, ’n tafeldruif- en peer-boer van die De Doorns-streek in die Wes-Kaap is as die 2016-Agri SA-Toyota-Jong Boer van die Jaar gekroon.

Die kompetisie begin met streekskompetisies waarin al die benoemde boere ’n streng evalueringsproses ondergaan. Nadat die streekwenners ‒ een van elke provinsie ‒ aangewys is, ding hulle dan in die landwye kompetisie teen mekaar mee.

“Ons wil Mnr. Beukes vir sy skitterende vertoning in vanjaar se Jong Boer-kompetisie gelukwens,” sê Kerry Roodt, hoofbestuurder van bemarkingskommunikasie by Toyota Suid-Afrika Motors. “Boerdery as beroep is nie kinderspeletjies nie en vereis boere se algehele toewyding namate hulle al die verskillende aspekte van die onderneming bedryf, waaronder administrasie, verkope en bemarking sowel as die volledige verskaffingsketting, en dit benewens die alledaagse bestuur van die plaas. Buitengewone ondernemings vereis buitengewone bestuur en toekomsontleders om die onderneming tot die volgende vlak te verhoog. Mnr. Beukes is ’n treffende voorbeeld hiervan.”

Die finaliste is op grond van hul vertoning in hul onderskeie streke benoem. Hulle moet ook tussen 18 en 35 jaar oud wees en moes vir minstens twee jaar ’n lid van Agri SA se provinsiale instelling gewees het. Al die finaliste is deur hul onderskeie provinsiale rade van Agri SA benoem en is in talle aspekte getoets, waaronder hul finansiële- en sakevernuf, boerdery-vaardighede en bestuursbekwaamheid van spesifiek hul eie bydrae, hul onafhanklikheid en hul besluitnemingsvermoë.

Beukes boer met tafeldruiwe in die De Doorns-treek in die Wes-Kaap. Hy het sedert 2012 ook verskeie plase in die Hexriviervallei gekoop waar hy dit ontwikkel het om hul volle potensiaal te ontgin. Beukes is tegnies aangelê en omgewingsvriendelik geöriënteer, wat hom in staat gestel het om ’n drupbesproeiingstelsel te installeer, beter waterbeheer aan die hand van elektroniese skeduleringstelsels sowel as verskillende energiebesparende meganismes te implementeer, waaronder sonkrag-geisers vir al sy werkershuise, ondergrondse dreineringstelsels en omgewingsvriendelike produkte.

Beukes beskou sy werkmag as die grondslag van sy onderneming. Hy fokus op hul ontwikkeling en vul hul interne opleiding met gereelde formele opleidingsessies aan. Hy het ook verseker dat al sy personeel higiëniese en voldoende behuising, ’n kleuterskool op die plaas vir hul kinders en veilige vervoer na en van die plaas het, terwyl van sy langdienende personeel met aandele in sy plaas beloon is en jaarlikse dividende ontvang.

 

Beukes is ook aktief betrokke in geörganiseerde landbou as adjunkvoorsitter van die Hexrivier-tafeldruifvereniging, die streeksverteenwoordiger van Agri Wes-Kaap en voorsitter van die produsentforum van die Breedevallei-munisipaliteit.

“Die wetenskaplike, nougesette en professionele manier waarin Beukes sy boerdery-onderneming bestuur, wys hy is ’n vooraanstaande voorbeeld van ’n boer wat daartoe verbind is om wesenlike sukses, ’n volhoubare boerdery en winsgewendheid te verseker,” het Prof. Carlu van der Westhuizen, landbou-ekononoom van die departement van landbou en die Sentrale Universiteit van Tegnologie, gesê.

Die evaluering is gedoen deur ’n paneel bekende landbouspesialiste onder dieleiding van Prof. Van der Westhuizen; Prof. John Annandale, ’n landboukundige van die Departement van Plantproduksie en Grondwetenskap aan die Universiteit van Pretoria; en Prof. Louw Hoffman, uitgelese professor in vleiswetenskap van die Departement van Dierewetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch.

Toyota-Nuwe Oes van die Jaar-toekenning

André Cloete, ’n boer van die Overberg-omgewing in die Wes-Kaap, het die 2016-Nuwe Oes van die Jaar-toekenning losgeslaan.

Die Nuwe Oes van die Jaar-kompetisie gee erkenning aan die belowendste jong boer uit ’n voorheen benadeelde agtergrond. Al die inskrywings is deur verskillende ondernemings of verenigings in die landbousektor benoem.

Cloete boer op die Klein Ezeljacht-plaas naby Greyton met appels, pere, hawer, gars, skape en beeste, en is deur die Wes-Kaapse tak van die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika benoem.

Cloete, wat 28 jaar se praktiese boerdery-ervaring het, het as plaasbestuurder begin totdat hy ’n huurooreenkoms met Klein Ezeljacht aangegaan het om vir homself te boer en die grond te bestuur. Hierna het Cloete ’n paar veranderings op die plaas aangebring, waaronder ’n hersiene besproeiingstelsel sowel as ’n nuwe gewasbeskerming-strategie.

Die plaas se belangrikste pere is die Forelle en Packham’s Triumph, terwyl die appels Golden Delicious en Royal Gala insluit. Cloete het aan die hand van sy talle veranderings en voortdurende harde werk daarin geslaag om sy produkte deur Tru-Cape uit te voer en lewer vrugte aan Elgin Fruit Juices.

Cloete is ook aktief in die landbougemeenskap en is die voorsitter van die Caledon-noord-boerevereniging, ’n direkteur van die Sagtevrugte-ontwikkelingskamer (DFDC) en die Suid-Afrikaanse vereniging van appel- en peerprodusente (SAAPPA). Daarbenewens is hy ook ’n mentor vir ander opkomende boere in die omgewing en is gedurig op soek na nuwe geleenthede om meer mense in diens te neem ten einde hul sosiale status te help verhef.

“Ons prys Cloete vir sy toewyding, motivering en vasberadenheid om suksesvol te wees. Hy en so baie boere word daagliks deur faktore buite hul beheer uitgedaag, maar pleks van die handdoek ingooi, bied hulle die uitdaging die hoof en voed ons land,” sê Roodt.

“Boerdery, en landbou as ’n geheel, is ’n baie belangrike sektor in die Suid-Afrikaanse ekonomie, aangesien dit lewensmiddele produseer en ’n bydrae tot die land se BBP lewer.”

AFASA beskryf Cloete as ’n professionele boer wat al die uiteenlopende fasette van besigheid verstaan.

“Hy bestuur sy boerdery soos ’n korporatiewe onderneming en sien om na sy produk en sy mense. Hy word deur die bedryf en die staat as rolmodel vir ander boere beskou.

“Ons wens al die finaliste wat in al twee afdelings benoem is baie geluk. Dit is ’n groot prestasie. Ons wens Jacques en André ook voorspoed vir die toekoms toe en glo hulle sal nog lank en gelukkig in hul Hilux-bakkies rondry,” sluit Roodt af.

young-farmer-of-the-year-finalists_1800x1800

Die lys finaliste

Die finaliste in die Agri SA-Toyota-Jong Boer van die Jaar-kompetisie was:

KwaZulu-Natal: Neville Schefermann boer in die Vryheid-omgewing in KwaZulu-Natal met mielies, wattel-hout en -bas, dennehout, beeste en weiveld.

Noord-Kaap: Vickie Bruwer boer in die Douglas-omgewing in die Noord-Kaap met mielies, koring, grondbone, katoen, lusern, beeste en wild.

Gauteng: CP Kriek bedryf ’n varkplaas met organiese mis en weivelde in die Fochville-omgewing in Gauteng.

Mpumalanga: Japie Landman boer in die Volksrust-omgewing in Mpumalanga met mielies, sojabone en vee.

Limpopo: PJ Strydom boer in die Marblehall-omgewing in Limpopo met sitrus, koring, sojabone en pekanneute.

Vrystaat: DJ van der Linde boer in die Vierfontein-omgewing in die Vrystaat met mielies, sonneblom en beeste.

Oos-Kaap: Tshilidzi Matshidzula bedryf ’n melkplaas in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap.

Noord-wes: John Griffiths boer in die Brits-omgewing in Noordwes met mielies, saadmielies, springmielies, droë bone, hawer, groente en wild.

Die finaliste in die Toyota-SA Nuwe Oes-kompetisie was:

Prof. Thabo Mashihleho boer in die Tweeling-omgewing met lêhoenders en bedryf ’n lodge met wild soos leeus, bokke, sebra en bastergemsbokke. Benoem deur MJ Khunong Accountants.

Eric Ntlaba bedryf ’n varkplaas in die Lindley-omgewing en boer met beeste, skape, slaghoenders en mielies. Benoem deur die Agri SA Vrystaat-tak.

Buyiswa Ndyenga boer in die Addo-omgewing met sitrus. Sy is deur die Sondagsrivier-sitrusmaatskappy benoem.

Patrick Cornelius boer in die Kareedouw-omgewing met appels, perskes en pere.  Benoem deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota maak bekend die Jong Boer van die Jaar- en Toyota-Nuwe Oes van die Jaar-toekennings